Local newsNews

Brand woed by Smilin Thru

Die brand het reeds skade aan geboue aangerig.

‘n Brand woed van vroeër vanmiddag af langs die R500  (Parys/Fochville-pad) by Smilin Thru waar die vlamme reeds skade aan van die grasdak geboue op die perseel aangerig het.

Volgens Fanie Kruger van Security Master, het hulle die noodroep na 14:00 vanmiddag ontvang. Naas Security Master is die brandweer, die private brandweervoertuig van Thinus Jacobs,  boere en vrwilligers tans op die toneel om hulp te verleen met die vlamme wat versprei het na moeilik begaanbare terrein.

Daar word steeds gespook om verdere skade aan die geboue te probeer keer, en het eienaar Lee-Ann le Roux, haar dank betuig teenoor elkeen wat hulp verleen het.

Die brand het reeds skade aan van die geboue op die perseel aangerig.

Teen 16:00 vanmiddag is daar nog baklei teen die verwoestende vlamme.
Die brand volg nadat daar Vrydagmiddag ook ‘n verwoestende brand in die Fochville-distrik was. Fioto;’s: Fanie Kruger.

  • Pieter Slabbert (58), ’n loodgieter van Fochville, het Vrydagmiddag tragies in ’n veldbrand naby die Crocodilian Hotel en Restaurant gesterf, Die  hewige veldbrand, wat kort na 14:00 naby Greenspark ontstaan het, het as gevolg van sterk wind versprei en oor sowat vyf kilometer beweeg met verskeie plase wat deur die brand bedreig was.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button