Local newsNews

Nog ‘n mislukte multimiljoen rand projek in Sandersville

DA wil hê dat die Valke ondersoek moet instel na twee infrastruktuurprojekte van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit in die Sandersville-woonbuurt by Heilbron.

Die DA in Ngwathe wil nóg ’n mislukte multimiljoenrand-infrastruktuurprojek by die Valke aanmeld. Hierdie keer is dit ‘n  onvoltooide 1 km geplaveide pad in Sandersville, Heilbron. Die DA sê dat die  kontrakteur van die projek klaarblyklik dieselfde persoon is wat verantwoordelik is vir die onvoltooide laevlakbrug-projek in Sandersville waaroor die DA vroeër aangedui het hy ook die Valke wil betrek by ‘n ondersoek.

Volgens die DA is die pad net geskraap en onvolledig gelaat.

Die DA beweer ook ‘n bedrag van R3 538 489.46 van die oorspronklike R6 579 580.88 is reeds aan die kontrakteur betaal , terwyl die kontrakteur die afgelope jaar geen werklike konstruksiewerk gedoen het nie.

“Met ’n oorblywende balans van R3 041 091.42 is dit duidelik dat hierdie projek ook nie voltooi gaan word nie, aangesien die kontrakteurs reeds Heilbron verlaat het en geen werk die afgelope jaar verrig is nie,” sê DA-raadslid Joseph Mbele.

Leerlinge, veral vanaf Phiritona, gaan skool in Sandersville, en hierdie pad sou beteken dat ouers minder aan vervoer hoef te betaal.

Vir die afgelope jaar is daar nie vordering met die projek nie, sê die DA

Die pad wat gebou moes word, is bedoel om die twee gemeenskappe te verbind en bied ’n korter roete as om deur die dorp te beweeg. Leerlinge, veral vanaf Phiritona, gaan skool in Sandersville, en sou die pad beteken dat ouers minder aan vervoer moes betaal.

Die DA sê hy gaan navraag rig aan die munisipale bestuurder om antwoorde te kry terwyl gewag word op ‘n ondersoek deur die Valke.

“Ons eis antwoorde oor hoekom geld aan kontrakteurs betaal word sonder behoorlike toesig. Dit is onaanvaarbaar, en ons sal nie rus totdat al die fondse verhaal is en hierdie projek voltooi is nie, ” het die party benadruk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button