Local newsNews

Styging in rooivleispryse – baie trek swaar

Baie verbruikers kan deesdae nie meer daardie tjoppie op die kole bekostig nie, maar die skerp styging in vleispryse, spesifiek rooivleis, raak nie net die verbruiker se sak nie. Dit het ook ‘n verwoestende effek op veral klein sakeondernemings soos slaghuise en die restaurant- en spyseniersbedryf. Jessica Kleynhans, eienaar van 2Ling Vleismark, verduidelik hoewel vleispryse …

Baie verbruikers kan deesdae nie meer daardie tjoppie op die kole bekostig nie, maar die skerp styging in vleispryse, spesifiek rooivleis, raak nie net die verbruiker se sak nie. Dit het ook ‘n verwoestende effek op veral klein sakeondernemings soos slaghuise en die restaurant- en spyseniersbedryf.

Jessica Kleynhans, eienaar van 2Ling Vleismark, verduidelik hoewel vleispryse fluktureer en tradisioneel voor die Paasnaweek styg, dit gewoonlik weer daal na die Paasnaweek. Vanjaar is ‘n ongekende styging van veral beesvleispryse sedert die Paasnaweek gesien, sê Kleynhans. Dit het ‘n duidelike verskuiwing gebring in die kooppatroon van verbruikers wat heelwat minder koop, en eerder neig na goedkoper vleis soos hoender, sê sy.

Hoewel die prysverhoging byvoorbeeld minder was vir C-graad beesvleis, is A-graad vleis swaar geraak. Oor die afgelope drie weke het pryse bykans verdubbel sê Kleynhans, as byvoorbeeld gekyk word na maalvleis waarvan die per kilogram prys van net oor die R50 per kilogram tot bo R100 per kilo gestyg het.

Hoewel pryse effe afgekom en gestabiliseer het die laaste week, was die gevolg dat slaghuise self die verlies met minder verkope en laer of geen winsgrense moes absorbeer. Kleynhans sê waar veranderings in vleispryse gewoonlik weekliks aangekondig word, het pryse die afgelope drie weke soms selfs van die oggend tot die middag verskil.

Vir die restaurantbedryf is die gevolge van die skerp prysstygings eweneens problematies omdat pryse op ‘n spyskaart nie teen dieselfde skaal aangepas kan word as wat die koste van vleis wat aangekoop moet word, gestyg het nie. Spyseniers sit met dieselfde probleem.
Die gevolg is dat hoër insetkoste jou wins al minder maak.

Dit tesame met die uitdagings van stygende kragtariewe en onbetroubare kragvoorsiening, maak die druk op klein sakeondernemings bykans ondraaglik. Lesers se kommentaar oor die stygende vleispryse is dat selfs hoender nie veel goedkoper is nie, en varkvleis baie duurder is as in 2024.

Daar is veral simpatie met laer inkomstegroepe, en baie wat sê dat vleis onbekostigbaar geword het, en hulle ander alternatiewe soos soja gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button