Local newsNews

Kollegas eers vermis – nou vir diefstal aangekla

Daar is wyd en syd na die mans gesoek toe hulle as vermis aangegee is nadat hulle spoorloos verdwyn het.

Die twee Klerksdorpse kollegas wat aanvanklik vermis was, en toe deur die polisie in Klerksdorp, met die hulp van waaksame gemeenskapslede ongedeerd in Kempton Park opgespoor is,  sal  op 18 Augusts weer voor die hof in Klerksdorp verskyn.

Christiaan van Blerk (34) en Donovan van der Walt (25) is aangekla van diefstal van ‘n motorvoertuig en kontant, het polisiewoordvoerder kolonel Adéle Myburgh bevestig.

Myburgh het ook bevestig dat die mans steeds in aanhoudig is nadat hulle op 7 Augustus in hegtenis geneem is, en op 8 Augustus vlugtig in die Klerksdorpse landdroshof verskyn het.

‘n Soektog na die twee is landwyd van stapel gestuur nadat hulle op 14 Julie spoorloos verdwyn het. Hulle was die betrokke oggend nog by hul werksplek by Afrikaner Plot in Meiringspark, Klerksdorp gesien.

Die mans het die perseel verlaat in ’n maatskappyvoertuig – ’n wit Toyota Hilux Raider-bakkie, om onderdele in Klerksdorp Industria te gaan haal. Hulle het egter nooit teruggekeer nie en is hulle deur hul werkgewer as vermis aangemeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button