Nog ‘n bietjie pompgenade
Die nuwe brandstofpryse tree Dinsdag om middernag in werking.

Te midde van al meer druk op verbruikers wag daar tog ‘n bietjie brandstofprys-genade vir September op verbruikers.
Vanaf Woensdag 3 September is daar ‘n verlaging in beide petrol- en dieselpryse.
Petrol word met 4c per liter goedkoper.
Die groothandelprys van diesel met ‘n swaelinhoud van 0,05% word 56c per liter goedkoper. Die groothandelprys van diesel met ‘n swaelinhoud van 0,00% word 57c per liter goedkoper.
Daar is ‘n 57c per liter verlaging in die groothandel paraffienprys, terwyl die toegelate maksimum kleinhandelprys van paraffien 49c per liter goedkoper sal wees.
Gaspryse verlaag met R1,32 per kilogram in Gauteng, en sal R1,51 per kilogram laer in die Wes-Kaap wees.



