Oudit wys op ernstige tekortkominge by munisipale stortingsterreine
Hoewel die distrik nakoming sal bly afdwing en tegniese ondersteuning bied, is dit duidelik dat munisipaliteite nie die stortingsterrein-krisis op hul eie kan oplos nie, het die DA gesê, maar ook die distriksmunisipaliteit geloof vir die inisiatief wat geneem is om die stortingsterreine te oudit.
Die Fezile Dabi Distriksmunisipaliteit se distrikswye oudit van stortingsterreine in ’n poging om sukkelende plaaslike munisipaliteite by te staan het ernstige tekortkominge by stortingsterreine regoor Moqhaka, Metsimaholo, Mafube en die Ngwathe munisipaliteite uitgewys
Plaaslike munisipale stortingsterreine sukkel al jare lank om te voldoen aan die Nasionale Omgewingsbestuur: Afvalwet 59 van 2008, wat omgewingsrisiko’s skep wat nie langer geïgnoreer kan word nie.
Van die tekortkominge wat in die oudit uitgewys is, sluit onder meer in: geen toegangsbeheer of omheining nie, gebrek aan naamborde, onvoldoende operasionele planne, verbranding van afval, onvoldoende voertuie en toerusting, swak sekuriteit, geen ablusiegeriewe nie, geen grond wat vir toekomstige bedrywighede opsygesit is nie, ongekontroleerde herwinning en indringing, asook oneffektiewe bestuur.
In reaksie op die krisis het die Fezile Dabi-distrik:
-
Nakomingsinspeksieverslae met duidelike aanbevelings aan alle betrokke munisipaliteite uitgereik om met die Afvalwet in lyn te kom.
-
Die Distriksafvalbestuursforum en die provinsiale owerheid (DESTEA) betrek om seker te maak dat regstellende maatreëls toegepas word.
-
’n Multi-belanghebbende korps (DFFE, Water en Sanitasie, DESTEA, FS COGTA, FDDM en Metsimaholo LM) gevestig om grond, ontwerp en omgewingsstudies vir ’n nuwe Metsimaholo-stortingsterrein te verseker.
-
Sekere munisipaliteite met MIG-aansoeke gehelp en tegniese kundigheid gedeel met ondersteuning van die Producer Responsibility Organisation (PRO).
-
In vennootskap met SALGA, DFFE en FS COGTA werksessies gereël oor stortingsterreinwetgewing, nakoming en afvalklassifikasiestandaarde vir raadslede en amptenare.

Die DA sê die pad vorentoe lê in sterker privaat-openbare vennootskappe wat die ruggraat van volhoubare afvalbestuur moet vorm, en wat beleggings, innovasie en kundigheid kan inbring om die regering se rol aan te vul.
Die parrty het ook benadruk dat die agteruitgang van stortingsterreine weens nie-nakoming ’n enorme risiko inhou vir inwoners se gesondheid sowel as die omgewing,



