Anika de Beer, weeraanbieder van KykNet se Ontbytsake, is vanoggend op 33-jarige ouderdom oorlede na haar stryd teen fase 3-melanoomkanker wat sy moedig en in geloof gestry het sedert haar diagnose in 2021.
Dokters moes in Junie vanjaar ‘n breingewas by haar verwyder en hoewel sy goed herstel het, het sy ‘n week gelede ‘n terugslag gehad.
Anika was besonder geliefd, nie net onder haar kollegas nie, maar ook by kykers wat haar leer ken het as metereoloog en weeraanbieder met haar innemende geaardheid en pragtige sonskyn glimlag.
Vir die familie en haar man, Abri, wat haar in alles getrou bygestaan het, is dit ‘n swaar afskeid.
Daarom is gevra vir sensitiwiteit en bedagsaamheid in die wete dat die familie nou tyd nodig het om hierdie groot verlies te verwerk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



