Local newsNews

Muurbaltoernooi lok spelers van regoor die land

Parys Ope-muurbaltoernooi beloof om volgende jaar selfs nog groter te wees.

Die Parys Ope-muurbaltoernooi wat oor die naweek van 24-26 Oktober plaasgevind het, het weer eens bewys waarom Parys as een van die gewildste sportbestemmings in die streek beskou word. Spelers van regoor Suid-Afrika het aan die byeenkoms deelgeneem, met verteenwoordiging uit onder meer ook Gqeberha en Bloemfontein.

Die toernooi het uitstekende sportmanskap en ‘n hoë standaard van spel opgelewer, met baie opwindende oomblikke vir die toeskouers.

In die Damesafdeling het plaaslike talent oorheers met Parysenaars wat die top drie plekke ingepalm het:
• 1ste plek: Elske Garbers
• 2de plek: Vivienne van der Schyff
• 3de plek: Reese Thompson

Die eindstryd tussen Elske en Vivienne was van die hoogtepunte van die naweek, met beide spelers wat hul vaardigheid en vasberadenheid ten toon gestel het.
Elske het uiteindelik as welverdiende wenner uit die stryd getree.

Ook in die Mansafdeling is spel van hoë gehalte gesien:• 1ste plek: Reuel Videler (PUK)
• 2de plek: Tremayne McDonald (Bloemfontein)
• 3de plek: Philip Terblanche (Mittal Klub)
Die wedstryde was gekenmerk deur sterk kompetisie, tegniese spel en goeie sportmangees — ‘n ware toonbeeld van muurbal van die hoogste gehalte.

‘n Groot sukses vir Parys

Die Parys Ope 2025 was ‘n groot sukses en het nie net die plaaslike muurbalgemeenskap saamgebring nie, maar ook nuwe vriendskappe en sportverhoudings gesmee.

Die organiseerders het hul dank uitgespreek teenoor die spelers, ondersteuners en borge wat die geleentheid vanjaar moontlik gemaak het.

Die mans en dameswenners die Parys Ope-muurbaltoernooi
Die dames en manswenners van die Parys Ope-muurbaltoernooi.

Met die sukses van die toernooi sien almal reeds uit na die Parys Ope 2026, wat belowe om nóg groter en beter te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button