Gewapende rowers loop hul vas in die polisie by tolhek

Polisielede is geloof vir die uitstekende werk wat gedoen is om die verdagtes te kon vastrek wat moontik verbind word met die onlangse gewapende rooftogte by juwelierswinkels.

Die lang arm van die gereg was net té lank vir twee vermeende rowers wat vermoedelik verbind word met onlangse gewapende rooftogte by juwelierswinkels.

Die twee verdagtes is gisteraand  omstreeks 23:00 by die Vaal Plaza-tolhek op die N1-hoofweg gearresteer nadat inigting ontvang is van ‘n voertuig wat na bewering vroeër die week in Bloemfontein by ‘n gewapende roof betrokke was.

Die arrestasie is gemaak deur lede van die Fezile Dabi TRIO Taakspan, die Distriks Eenheid vir Georganiseerde Misdaadbekamping (DOCC), hoofwegpatrollielede, en  sekuriteitsmaatskappye wat daarin kon slaag om die geïdentifiseerde voertuig voor te keer.

Toe die verdagtes gekonfronteer is, het een van hulle na bewering ’n vuurwapen op polisielede gerig, wat tot ’n skietgeveg gelei het, sê polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle. Beide verdagtes, tussen 27 en 35 jaar oud, is gewond en is onmiddellik op die toneel behandel voordat hulle onder polisiebewaking na die hospitaal vervoer is.

Earle het bevestig dat geen polisielede beseer is nie. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (IPID) is in kennis gestel in ooreenstemming met wetlike voorskrifte, het Earle gesê.

’n Deursoeking van die verdagtes se voertuig het gelei tot die herwinning van drie vuurwapens—twee 9mm-pistole en ’n AK-47-geweer—saam met ammunisie en juweliersware wat vermoedelik tydens die onlangse rooftogte gesteel is.

Die ondersoek duur voort.

Die Provinsiale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, luitenant-generaal Baile Motswenyane, het die gekoördineerde optrede van die betorkke polisie eenhede geloof vir hul toewyding en vinnige reaksie.


“Ons waardeer die uitstekende spanwerk wat in hierdie operasie gedemonstreer is. Die arrestasie van hierdie verdagtes en die herwinning van gevaarlike wapens voorkom ongetwyfeld verdere geweldsmisdade,” het  Motswenyane gesê.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/parys-gazette/news/2025/11/16/rowers-slaan-toe-op-juwelierswinkels-in-twee-sentrums/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button