Local newsNews
Waarskuwing: Brug gesluit vir verkeer
Met die Vaalrivier se watervlak wat aansienlik gestyg het, en water wat oor die brug loop, moet motoriste alternatiewe roetes volg.
Motoriste wat oor die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel moet beweeg, sal van alternatiewe roetes gebruik moet maak. Die brug is nou gesluit vir alle verkeer met die watervlak van die Vaalrivier wat aansienlik gestyg het.
Die watervlak by die brug meet nou 2,728m en vloei is gemeet teen 1 366,58 kubieke meter per sekonde.


Teen vanoggend 05:00 was die watervlak by die brug nog gemeet op 2,62m en watervloei teen 1 288 kubieke meter per sekonde.
Status quo by die Vaaldam sal vandag gehandhaaf word met agt sluishekke wat nog oop is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



