Vaaldam begin toemaak
Daar is gister weer 'n dringende beroep gedoen op mense om nie ongeverifieerde inligting oor Vaaldam en die Barrage te versprei wat onnodige paniek saai nie. Korrekte en geverifieerde inigting word daagliks deur amptelike kanale deurgegee.
Een sluishek is vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak, met ‘n tweede sluishek wat om 12:00 toegemaak sal word. Dit beteken dat daar dan nog agt sluisheke by Vaaldam oop sal wees.
Bloemhof
By Bloemhofdam is uitvloei vanoggend om 10:00 verhoog na 1 400 kubieke meter per sekonde.
Barrage
Volgens operasionele riglyne sal Barrage om 14:00 terugskakel van natuurlike vloei na beheerde uitlating.
Schoemansdrift laagwaterbrug
Hou in gedagte dat die Schoemansdrift laagwaterbrug oor die Vaalrivier in die Vredefort Koepel, steeds gesluit is vir alle verkeer. Die Vaalrivier se watervlak by die brug het vanoggend om 07:30, gemeet op 4,4m met vloei teen 2 828 kubieke meter per sekonde maar afgeneem net voor 08:00 na ‘n gemete watervlak van 3,76m en vloei teen 2 238 kubieke meter per sekonde.






