Local newsNews

Vrystaatse regering hou aan om fondse te verbeur

Tot dusver is net 41% van die infrastruktuurbegroting bestee.

Die Vrystaatse regering sal in die huidige boekjaar R32 miljoen aan die nasionale tesourie (NT) verbeur weens ‘n gebrek aan finansiële dissipline.

Die inligting is bekend gemaak tydens ’n vergadering met die finansiële komitee in die Vrystaatse wetgewer waar die komitee die huidige boekjaar se aanpassingsbegroting behandel het.

Ingevolge die Openbare Finansiële Bestuurswet (PFMA) verbeur provinsiale departemente enige fondse wat nie in ’n finansiële jaar bestee is nie.

Volgens Armand Cloete, die Vryheidsfront Plus se se Lid van die Provinsiale Wetgewer, lê die grootste skuld by die onderwysdepartement (R18,8 miljoen), gevolg deur landbou en gesondheid, wat onderskeidelik meer as R7,3 miljoen en R4,2 miljoen verbeur.

Met ‘n salarisrekening van R29 miljard wat amper 64% van die totale provinsiale begroting van R45,8 miljard beloop, kry kapitaalprojekte wat veral nuwe infrastruktuur moet bou niks meer as ‘n halwe kans nie, sê Cloete.

Tot dusver is slegs 41% van die infrastruktuurbegroting bestee.

Volgens die Vrystaatse tesourie sal die begrotingstekort van R2,06 miljard vir die huidige boekjaar meer as verdubbel na R5,20 miljard in die volgende boekjaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button