Local newsNews
Kersvreugde in Vredefort se strate laat kindergesiggies straal
Dankie aan elkeen wat bygedra het om die vreugde en vrede van Kersfees ook op die manier met ander te deel.
Kersliedere het gisteraand deur die strate van die Vrystaatse dorp Vredefort weerklink met ‘n projek wat deur die NG Klipkerk en Vredefort Dinamika gemeentes gesamentlik aangepak is om Kersvreugde vir die dorp se kinders te bring.
Lekkergoedpakkies is aan kinders uitgedeel en was daar ook Bybels beskikbaar gewees wat uitgedeel is.








At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



