Local newsNews

Botsing eis nog ‘n lewe oor Feestyd

Motoriste is weer gewaarsku om baie versigtig hier te bestuur, en ag te slaan op die instruksies van wetstoepassers. Verminder spoed en volg waar moontlik alternatiewe roetes. 

‘n Botsing  op die N1-hoofweg sowat 20km buite Kroonstad in die rigting van Heuningspruit, het vanoggend die lewe van een persoon ge-eis met nog vyf pasiënte wat ernstig beseer is.

Die botsing tussen ‘n swaar voertuig en ‘n motor het net na 08:00 vanoggend gebeur. Opruiming van die botsingstoneel is nog teen 12:00 gedoen en was wetstoepassers met die skryf van hierdie berig nog op die toneel.

Motoriste is gewaarsku om waar moontlik eerder alternatiewe roetes te volg terwyl opruimingswerk op die botsingstoneel op die N1 buite Kroonstad gedoen word.
Motoriste is gewaarsku om waar moontlik eerder alternatiewe roetes te volg terwyl opruimingswerk op die botsingstoneel op die N1 buite Kroonstad gedoen word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button