Local newsNews
Petrolprys daal na laagste sedert 2022
Die nuwe brandstofpryse tree op 7 Januarie in werking.
Die jaar begin met goeie nuus vir motoriste met ‘n aansienlike daling in brandstofpryse. Petrol sal van Woensdag af die goedkoopste wees wat verbruikers nog betaal het sedert 2022.
Vir 93-oktaan petrol is daar ‘n daling van 62 sent per liter, terwyl 95-oktaan petrol daal met 66 sent per liter na R19,92 aan die kus en R20,75 per liter in die binneland. Dit sal die eerste keer sedert 2022 wees dat motoriste minder as R21 per liter vir petrol sal betaal.
Die groothandel prys vir diesel daal met tussen R1,37 en R1,50 per liter.
Paraffien se prys daal met R1,10 per liter.
Die pryse is effektief vanaf 7 Januarie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



