Local newsNews

Ses sterf in taxi-ongeluk in die Vrystaat

Verhoogde verkeersvolumes is oor die naweek op al die land se hoofweë gesien namate mense terugkeer van hul vakansiebestemmings.

Terwyl die land se paaie die naweek druk besig was met vakansiegangers wat terugkeer huis toe, het minstens ses mense Saterdagaand gesterf in ‘n botsing tussen ‘n motor en ‘n minibus taxi op die R26  buite Mashaeng naby Fouriesburg.

Die ongeluk het omstreeks 23:50 gebeur.  Volgens inligting tussen die wit Kia-sedan voertuig met Vrystaatse registrasie en die 22-sitplek taxi by ‘n kruising gebeur. Die taxi met ‘n Gautengse registrasienommer was van Ficksburg na Pretoria onderweg.

Nooddienste en wetstoepassingsbeamptes het deur die nag gewerk om die toneel op te ruim en bystand aan die beseerdes te verleen.

Sedan:
Die sedan het vyf insittendes gehad. Drie mense is op die toneel dood, terwyl twee ernstige beserings opgedoen het.

Minibus-taxi:
Die minibus-taxi het 22 insittendes gehad, insluitend die bestuurder. Die bestuurder en twee passasiers is op die toneel dood. Die oorblywende 19 insittendes het beserings opgedoen en is na hospitale in Bethlehem en Bohlokong vervoer vir mediese behandeling.

Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag het adjudant-offisier Mmako Mophiring gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button