Met groot glimlagte, bederf-kosblikke en dapper harte het die graadeens van Primêre Skool Parys Woensdag hul eerste skooldag aangepak.
Trane was daar min onder die groepie haasbekkies, wat hulself sommer gou in die klaskamers en op die speelterrein tuis gemaak het.
Hier is ‘n paar foto’s van Primêre skool Parys wat die eerste skooldag vir graadeens vasgevang het.
Van die leerders in juffrou Lia se Plaasjapie-klas. Op die foto is Nina Heunis, Ilé D’Allebout, Milan Hentschel, Janu Thompson, Qivan van der Merwe en Elijah Holtmann.Juffrou Charné saam met Mia Haggard en Turner de Swardt.In die Du Toit-huishouding was Menique se eerste skooldag ‘n kosbare onthou-dag vir beide haar ouers, Quintin en Meraldie, wat self ook leerders van Primêre Skool Parys was
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.