Local newsNews
Gauteng-leerders sterf in tragiese botsing
Motoriste is gevra om die botsingstoneel te vermy en alternatiewe roetes te volg terwyl nooddienspersoneel nog op die toneel besig is.
Nooddienste is steeds op die toneel op die R553 in die Vanderbijlpark-gebied waar 12 Gautengse skoolleerders vanoggend onderweg skool toe in n tragiese botsing tussen n minubus taxi en vragmotor gesterf het.
Meer volledige inligting oor die omstandighede van die botsing is nog nie bekendgemaak nie.
Elf van die oorledenes het op die toneel gesterf, en minstens vier leerders is volgensĀ inligting kritiek beseer. Beseerde leerders is na die Sebokengse en Kopanong hospitale vervoer.
Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane is op die toneel.
Ons opregte en diepe medelye met die families en skoolgemeenskap wat deur die tragedie geraak is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



