Local newsNews
Soektog na man wat vermoedelik by hangbrug verdrink
Duikers van Welkom en Bloemfontein sal help is gevra om die soektog uit te brei.
Die polisie het vanmiddag begin met ‘n soektog na ‘n man wat na vermoede in die Vaalrivier by die hangbrug in Parys verdrink het.
Die soektog het egter nog niks opgelewer nie en sal die hulp van duikers van Welkom en Bloemfontein gekry word om die soektog uit te brei.
Mense wat saam met die man by die rivier was het rondom 13:00 hulp ontbied toe die man onder die water verdwyn het en nie weer gesien is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



