Local newsNews

Bekende haarkapper van Parys stry dapper teen siektestryd

Prostaatkanker is twee jaar gelede by Siemon gediagnoseer.

Die 77-jarige Siemon Kleinhans, bekende haarkapper van Parys, is tans in die sorgeenheid van die Najaarsrus Tehuis vir Bejaardes waar hy ‘n moeilike pad met terminale prostaatkanker loop wat twee jaar gelede by hom gediagnoseer is.

Menige Parysenaars het vir Siemon oor jare as haarkapper leer ken waar hy saam met Benji destyds by Salon Maison Mia, skuins oorkant die ou Roodt-apteek gewerk het. Daarna het hy sy eie salon, Hair by Us, in vennootskap met Magda Stone begin.

Deur die jare was Magda en haar man, Martin, ware steunpilare vir Siemon selfs nadat die kanker by hom gediagnoseer is.
Siemon benodig voltydse versorging. Beide sy ouers en ander sibbes in die gesin is oorlede.

Siemon Kleinhans
Siemon Kleinhans

Met stygende lewenskostes en Siemon wat geen inkomste het behalwe sy Sassa-pensioen en ‘n skrale annuïteit, is sy versorging die afgelope twee jaar moontlik gemaak danksy mense wat hul harte vir Siemon oopgemaak het, vertel Shams Muller, wat oor jare saam met die Stone-egpaar ‘n hegte vriendskapsband met Siemon behou het.

Muller sê daar is diep dankbaarheid vir elkeen wat hulle oor Siemon ontferm het die afgelope twee jaar, in besonder sy susterskind, Johan en Rita van Zyl, en Debbie en Giel Pieterse vir hul omgeeharte vir Siemon, asook Elbé Ferreira en die personeel van Najaarsrus.

Mense wat graag ‘n finansiële bydrae vir Siemon se versorging wil maak, kan Najaarsrus kontak by 056 817 7343.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button