Local newsNews

Motor wat in Sasolburg gesteel is, naby Heilbron gekry

Vinnige optrede van die polisie het gelei tot die terugvind van die voertuig en die arrestasie van drie verdagtes.

‘n Man en twee vroue tussen die ouderdomme van 27 en 33 jaar, sal vandeesweek in die landdroshof in Heilbron verskyn op aanklagte van die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig.

Die eienaar van die voertuig het Donderdag, 6 Maart, naby ’n  klub in Sasolburg geparkeer maar het sy motorsleutels verloor.  Toe hy die volgende dag terugkeer, was sy motor weg en het hy die diefstal by die polisie gerapporteer.

Gesteelde motor
Die motor wat in Sasolburg gesteel en toe naby Heilbron gekry is.

Sersant Josephine Rani sê polisielede het Vrydagaand inligting gekry oor die gesteelde voertuig wat  lede van die Fezile Dabi-distrik TRIO-taakspan, en lede van Sasolburg Misdaadvoorkoming, toe na die R57 in die rigting van Heilbron gelei het waar die verdagtes gearresteer en die voertuig gevind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button