Local newsSport
Sterk kompetisie in muurbalklub se kampioenskapstryd
Die klubkampioenskappe is jaarliks 'n hoogtepunt op die klub se kalender en bied spelers die geleentheid om hul vaardighede onderling te toets in 'n gees van goeie sportmanskap.
Parys-muurbalklub se jaarlikse klubkampioenskappe het gesorg vir sterk kompetisie tussen spelers wat meegeding het om vanjaar se kampioenskapkroon.
Na ‘n reeks skouspelagtige vertonings op die baan het Almari Claassen as die vroue klubkampioen uit die stryd getree. In die mansafdeling was dit Reinhard van Rhyn wat die titel as klubkampioen verower het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



