Spesiale stemme: Vyf dinge wat jy moet weet
Spesiale stemme vir die landwye munsiipale verkiesing vind plaas op 2 en 3 November.

Aansoeke vir spesiale stemme vir die komende landwye munisipale verkiesing, is nou oop. Die aansoeke sluit op 12 Oktober om 17:00.
Wat is ‘n spesiale stem?
‘n Spesiale stem laat stemgeregtigde kiesers wat nie op Stemdag 4 November by die stemlokaal waar hul geregistreer is kan stem nie, toe om vooraf te kan stem.
Wie kan vir spesiale stemme aansoek doen?
- Gestremdes
- Swanger vroue
- Bejaardes
- Mense wat weens werksverpligtinge nie op stemdag sal kan stem nie
Wanneer stem kiesers wat vir ‘n spesiale stem geregistreer en gekwalifiseer het?
2 en 3 November
Hoe doen jy aansoek
Aansoek vir ‘n spesiale stem kan aanlyn gedoen word by : https://registertovote.elections.org.za/voter/specialvotes/application/submit
Kan jy by enige stemlokaal stem as jy vir ‘n spesiale stem geregistreer het:
As jou aansoek vir ‘n spesiale stem aanvaar is, beteken dit nie dat jy by enige stemlokaal kan stem nie.
Jy moet steeds by die stemlokaal waar jy geregistreer het, stem.
Maak seker by watter stemlokaal jy geregistreer is
Maak seker by watter stemlokaal jy geregistreer is by https://maps.elections.org.za/vsfinder/



