Local newsNews
Voete en pote loop die ekstra myl vir DBV
Fondsinsamelings en donasies van die gemeenskap help om die DBV se deure oop te hou.
Diereliefhebbers van Parys en omgewing het onlangs tekkies aangetrek, en die leibande reggesit vir ‘n pretstap/draf op Parys Golf & Country Estate ten bate van die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV).
Die DBV kry geen befondsing nie en is afhanklik van die donasies van die gemeenskap wat deur die organisasie bedien word.

Waaraan het die DBV tans ‘n behoefte?
- Skropborsels, moppe en besems
- Jeyes Fluid en F10
- Katsand
- Handskoene en maskers
- Honde en katkos vir volwasse sowel as babahondjies en katte.
- Katsand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



