Dixie gaan movies toe
Waar Dixie kom, steel sy harte met haar persoonlikheid en onberispelike gedrag.
Ster Kinekor by Mooirivier Mall in Potchefstroom het onlangs ‘n spesiale gas gehad. Dixie, die 9-jaar oue opgeleide Belgiese Malinois, het saam met haar eienaar, Pierre Smook van Parys, die geleentheid gehad om die film Heart of the Beast te sien.

Dixie het vyfster behandeling gekry en die uitstappie sommer baie geniet. Sy het selfs haar eie matjie gedra tot by die fliek sodat sy gemaklik die movie kon kyk.


Hoewel Dixie afgetree is, werk sy graag saam met Pierre. Waar hy gaan, is Dixie, en haar gedrag en persoonlikheid maak dat sy welkom is waar sy ookal kom.
En wat was Dixie se gedagtes oor Heart of the Beast?
Luister, mense. Ek het ingegaan en nog ‘n mens-wat-tough-probeer-wees fliek verwag. Wat ek gekry het was UIT EINDELIK akkurate verteenwoordiging. Odin? My 4-voet broer. 10/10.
Titanium tand? Check.
Kunsbeen? Steeds vinniger as ek wat ‘n hadeda jaag.
Trauma? Selfde, bro, selfde. Maar raak hy afgelei deur snacks? Nee. Fokus. Dissipline. Regte DH5 energie.
Brad Pitt – nie sleg vir ‘n twee-been nie. Hy LUISTER eintlik na sy hond. Hy deel sy warmte. Hy sê “ons gaan huis toe” en hy bedoel dit.
Ek het gehuil. Moenie vir my hanteerder sê nie.David Ayer het uiteindelik ‘n fliek gemaak waar die hond nie in die eerste 10 minute doodgaan vir drama nie. Die regisseur verstaan lojaliteit. Die sneeu is koud, die gromme is eg, en elke enkele “bly” en “kom ons gaan” – ek het dit gevoel.
Geen spoilers nie, maar ek sal dit sê: As jy al ooit 58 myl (93km) vir jou mens geloop het, sal jy hierdie fliek in jou HART kry.
Dixie se telling: 5 uit 5 bene. En een gesteelde sokkie.
Sal aanbeveel vir alle K9’s en hulle mense. Bring tissues. En lekkernye. Baie lekkernye. (Resensie deur Claudette Smook).



