Local newsNews

So byna 90 vir uithaler sjef Frieda

Frieda bly haar lewe lank in Parys en is al vier haar kinders ook in die dorp gevestig.

Frieda Claassen het op 30 Maart haar 87ste verjaardag gevier. Menige Parysenaar onthou nog die smullekker geregte wat Frieda oor jare gemaak het.


Sy het destyds Byenes-tuisnywerheid in die dorp begin, en ook Daintybess gehad wat vroeër jare in Kortstraat was.


Frieda bly haar lewe lank in Parys, en is tans in Sally Martin Park gevestig.

Frieda Claassen
Frieda Claassen


Sy is op die plaas Groot Eiland gebore, en vertel hoe die dorp oor jare gegroei en verander het. Van die mooiste herinnering wat sy van die dorp het, is die dae toe mense nog van oral gekom het om by die Mimosa Tuine vakansie te hou, en gereelde byeenkomste wat by die Feesgronde gehou is voor die vestiging van die Parys Golf & Country Estate.


Al vier haar kinders is in Parys gevestig, en spog sy met nege kleinkinders en 11 agterkleinders. Sy sien ook baie uit na nog drie agterkleinkinders wat op pad is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button