Local newsNews

Hier is ons Maart Blokraai-wenner

Die volgende Bybel-blokraai verskyn op 24 April in Parys Gazette.

Petro Nel is die Maart-wenner van die Bybelblokraai-kompetisie wat maandeliks deur AGS Sion-gemeente in samewerking met Parys Gazette aangebied word.


Petro, ‘n wiskunde-onderwyser by Parys Christelike Skool, vertel dat sy nog nie vantevore ‘n blokraai voltooi het nie. Omdat sy graag Bybelstudie doen, was dit haar motivering om in te skryf.


Groot was die verrassing toe sy die oproep kry dat sy die wenner is van die boek, Die Christen se reis na die ewigheid, geskryf deur Johan Bunyan.

Professor Marius Nel van die AGS Sion-gemeente oorhandig die boekprys aan Petro Nel. Foto: Liezl Scheepers
Professor Marius Nel van die AGS Sion-gemeente oorhandig die boekprys aan Petro Nel. Foto: Liezl Scheepers


Die vraag in die blokraai wat haar die meeste laat kopkrap het, was: Watter profeet hang tussen hemel en aarde aan een lok van sy hare? Die antwoord was Esegiël.


Kyk uit vir die volgende Bybelblokraai in die Gazette-uitgawe van 24 April. Om in te skryf is so maklik as om die blokraai te voltooi, ‘n foto daarvan te neem en te WhatsApp na die nommer wat in die Sion-advertensie gegee word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button