Local newsSchools

Groot verwagtinge vir Heilbron op die sportveld

Met die borgskap is daar ook teruggegee aan die gemeenskap.

Drie borge het vanjaar saamgespan om Hoërskool Heilbron op die sportveld te laat uitblink

Wintersportklere van die skool se sportspanne word vanjaar geborg deur David Cunningham van Greenspan in Frankfort, Mon Game Ranch, en United Steeds as hoofborg.

Die borgskap is moontlik gemaak danksy die inisiatief wat deur mnr. Jaco Mocke geneem is om die onderskeie rolspelers bymekaar te bring. Mocke het self ook ’n groot finansiële bydrae uit sy eie onderneming gemaak om die projek moontlik te maak, wat sy toewyding tot die skool en sy leerders verder onderstreep.

Van links agter is Gerrie Roos (Beheerliggaam van Sport), Jonny van der Merwe (skoolhoof), Cobus Meintjies (Hoof: Bemarking en Verkope in Afrika), Jan Brits (adjunkhoof). Voor is Chantal Kruger, Wessel Pieters, Hilde Pieters, Lené Nel en Louise Snyman (Beheerliggaam, Finansies). Foto: Verskaf
Van links agter is Gerrie Roos (Beheerliggaam van Sport), Jonny van der Merwe (skoolhoof), Ben Cilliers (verkoopsverteenwoordiger), Cobus Meintjies (Hoof: Bemarking en Verkope in Afrika) en Jan Brits (adjunkhoof). Voor is Chantal Kruger, Wessel Pieters, Hilde Pieters, Lené Nel en Louise Snyman (Beheerliggaam, Finansies). Foto: Verskaf

Mocke het die projek onder mnr. Gerrie Roos (Beheerliggaam van Sport) se aandag gebring, en sê Roos dat die beheerliggaam en skoolhoof dit baie waardeer wanneer ouers bydra tot die skool se sukses.

Verteenwoordigers van United Seeds, mnr. Ben Cilliers, verkoopsman in die omgewing, en mnr. Cobus Meintjes, hoof van bemarking en verkope in Afrika, het die skool onlangs besoek, en sê dit is ’n voorreg om Hoërskool Heilbron te ondersteun. “Wat besonders is, is om te sien hoe netjies en goed versorg die plattelandse skool is,” het hulle na afloop van die besoek gesê.

Hulle het verder beklemtoon dat die borgskap nie net oor sportklere gaan nie, maar oor teruggee aan ’n gemeenskap wat hulle oor jare ondersteun het. “Hier is baie boere wat ons in die Heilbron-omgewing ondersteun, en dit is vir ons belangrik om iets terug te ploeg in die gemeenskap,” het hulle bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button