Local newsNews

Bedrog met Covid-19 hulpfonds: Sakeman en maatskappy moet nou opdok

Die saak het gespruit uit voordele wat ge-eis is vir werknemers wat nie in die maatskappy se diens was nie.

‘n Sakeman en sy maatskappy moet gesamentlik die Nasionale Departement van Indiensneming en Arbeid met ‘n bedrag van R201 812,36 vergoed, nadat die Heilbronse landdroshof Ente Thibello Sekhoto (51) en sy maatskappy, Batlokoa Circle 12 Plaster Services (Edms.) Bpk skuldig bevind het aan bedrog en geldwassery wat verband hou met die Covid-19 Tydelike Werknemer-verligtingskema (TERS).

Die vergoedingsbedrag moet binne vier jaar vanaf die datum van die bevel betaal word, het die hof Woensdag (13 Mei) gelas.

Sekhoto het gedurende 2020 op bedrieglike wyse aansoek gedoen vir voordele ingevolge die Tydelike Werknemer-verligtingskema (TERS) namens sogenaamde werknemers wat nie deur die maatskappy in diens was nie. Gevolglik het die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) ’n bedrag van R201 812,36 in Batlokoa Circle 12 Plaster Services (Edms.) Bpk. se rekening inbetaal.

Nadat die bedrog aan die lig gekom het, het die Valke se Eenheid vir Ernstige Kommersiële Misdaadondersoeke in Welkom die saak ondersoek wat gelei het tot die inhegtenisneming van Sekhoto.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button