Local newsNews

Naelbyt-eindstryde op Parys se rolbalbane

Amanda en Dries is gekies om die klub by die Noordwes Kampioen-van-Kampioene-kompetisie te verteenwoordig.

Parys-rolbalklub het oor die afgelope paar weke verskeie kompetisies afgehandel. Die 2/4/2-kompetisie is gewen deur Chris en Melanie Wentzel, wat in ‘n spannende finaal naelskraap teen Faan Stofberg en Linda Kruger gewen het.

Die Pro-10 parekompetisie is gewen deur Jaco Nel en Shirley Maritz, wat vir Henk Prinsloo en Raymond Loubser in die finaal geklop het.

Met die klub se enkelkampioenskappe het Amanda Bester in die finaal vir Christelaine van der Westhuizen gewen om dit twee agtereenvolgende oorwinnings te maak.

Dries de Jager het op sy beurt na ‘n taai stryd vir Jaco Nel verslaan, wat die titel drie jaar in ‘n ry ingepalm het.

Amanda en Dries is gekies om die klub by die Noordwes Kampioen-van-Kampioene-kompetisie te verteenwoordig.

Amanda Bester en Dries de Jager met hul enkelspel kampioentrofees.
Amanda Bester en Dries de Jager met hul enkelspel kampioentrofees. Foto: Verskaf
aco Nel en Shirley Maritz wat in die Pro 10-finaal teen Henk Prinlsoo en Raymond
Loubser gespeel het. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button