Genade vir diesel, maar nie vir petrol
Die nuwe brandstofpryse geld vanaf Woensdag 3 Junie.
Motoriste gaan van Woensdag af meer vir petrol moet opdok maar daar is verligting vir dieselgebruikers.
Petrol vir beide 95-oktaan en 93-oktaan word R1,43 per liter duurder.
Diesel met n swaelinhoud van 0.05% daal met R3,25 per liter.
Vir diesel met n swaelinhoud van 0,005% sal jy R2,62 per liter goedkoper betaal
Paraffien se prys daal met R5,96 per liter.
Die brandstofheffing tree ook weer gedeeltelik in Junie in werking wat bydra tot die prysverhogings.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



