Local newsNews
Dis finaal vir Parys na segetog op die rugbyveld
Die liga-finaal word op 25 Julie beslis.
Vandag se skitter vertoning op die rugbyveld het Hoƫrskool Parys se plek geboek in die finaal van die Valke Afdeling 4-liga.
Die oorwinningstafel is vroegoggend reeds vir Parys gedek toe die o15s Panorama verslaan het met ‘n weghol wen van 67-12.
Daarna het ook die o14’s hul wedstryd teen Panorama gewen met ‘n telling van 32-0 in Parys se guns, en was die eerste span se oorwinning oor Alberton High vanmiddag, die spreekwoordelike kersie op die koek vir ‘n dag wat die vreugdevure hoog laat brand het vir Parys. Die eerste span se eindtelling was 31-7 in Parys se guns.


Die finaal word op 25 Julie beslis.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



