Local newsNews
Registrasienaweek gemis – daar is nog ‘n kans vir kiesers
'n Tweede registrasienaweek sal op 1 en 2 Augustus landwyd gehou word.
Naby aan drie miljoen stemgeregtigde kiesers het die afgelope naweek landwyd geregistreer. of hul besonderhede vir die kieslys opdateer tydens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se registrasienaweek.
Die OVK het intussen bevestig dat ‘n tweede registrasienaweek gehou sal word op 1 en 2 Augustus voordat stemgeregtigde kiesers op 4 November na die stembus sal gaan.

Onthou dat jy enige tyd ook aanlyn kan registreer by die OVK se amptelike aanlyn portaal – https://zurl.co/mqn1f
Belangrike feite
- Met ‘n munisipale verkiesing kan jy slegs stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is.
- As jy nie geregistreer is nie, sal jy nie kan stem in die komende munisipale verkiesing nie.
Hoe kan jy seker maak of jy geregistreer is
- registertovote.elections.org.za,
- jou plaaslike OVK-kantoor gedurende kantoorure
- die OVK se webtuiste by www.elections.org.za
- of SMS jou ID-nommer na 31810

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



