Tweede busongeluk in twee dae op VS-paaie
Meer besonderhede oor vanoggend se botsing is nog nie bekendgemaak nie.
‘n Bus het vanoggend, Saterdag 1 Augustus, op die N6 tussen Smithfield en Reddersburg omgeslaan. Sover bekend is daar geen noodlottige beserings nie, maar is meer besonderhede oor die ongeluk nog nie bekendgemaak nie. Die ongeluk het net na 07:00 gebeur.


Die ongeluk volg na ‘n tragiese busongeluk Donderdagaand toe tien mense gesterf het op die N1-hoofweg naby Trompsburg.
Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat, was die passasiersbus wat Donderdagaand omgeslaan het van Kaapstad na Zimbabwe onderweg toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.
Onder die oorledenes was ook vyf kinders.
Van die 78 insittendes is 57 beseer en na nabygeleë hospitale vervoer.




