Local newsNewsSensitive Content

Derde keer is skeepsreg

Die 2026-toekenning is gemaak vir geleenthede wat takke in 2025 aangebied het ter viering van Afrikaans is 100!

‘n Taktoekenning is vir die derde keer agtereenvolgens aan die ATKV Vredefort Koepeltak oorhandig. Erna Rademan, en Wynand en Elsje Serfontein het die toekenning namens die tak tydens ‘n ledekuier in Johannesburg in ontvangs geneem.

Die dag is deur ongeveer 200 gaste bygewoon en is idees en kontakte uitgeruil. Die 2026-toekenning is gemaak vir geleenthede wat takke in 2025 aangebied het ter viering van Afrikaans is 100!

Die plaaslike Deo Gloria koor het ‘n groot rol gespeel by die feesvieringe wat deur die ATKV
Vredefort Koepel-tak aangebied is. Die tak bied eersdaag ook ‘n gesellige Kaggelkuier met klank aan by O’s Restaurant in De Villiersstraat, Parys. Die geleentheid vind plaas op 26 Augustus om 18:00. Dit beloof ‘n aand van saamkuier, volksliedjies, poësie en musiek uit die boonste rakke te wees. Vir meer inligting
en besprekings skakel Wynand by 083 452 5526.

‘n Trotse Erna Rademan en Wynand en Elsje Serfontein met die toekenning wat aan die ATKV Vredefort Koepel-tak oorhandig is.
‘n Trotse Erna Rademan en Wynand en Elsje Serfontein met die
toekenning wat aan die ATKV Vredefort Koepel-tak oorhandig is.


Op 12 September bied die tak ‘n Kreatiewe Skryfwerk Werkswinkel aan by Doringbos, onder leiding van Carla van der Spuy en Yolanda BarnardLemmer. Kom leer aan die hand van hierdie bekroonde
skrywers en joernaliste met dekades se ervaring wanneer hulle praktiese skryfwenke en kreatiewe inspirasie kom deel. Die werkswinkel is van 09:00-16:00. Vir besprekings en navrae skakel Corlia Wentink by 082 732 0257.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button