Local news

Brand in motorhuis rig skade aan

Onthou om duidelike inligting te gee wanneer jy 'n brand rapporteer byvoorbeeld of dit 'n huis- of veldbrand is, die spesifieke adres en jou naam en kontaknommer.

Verskeie nooddienste en vrywilligers het Sondag 9 Augustus hulp verleen in Boomstraat waar ‘n brand in ‘n motorhuis skade aangerig het. ‘n BMW wat in die motorhuis was, is in die brand beskadig.

Die brand is gou onder beheer gebring en is hulp op die toneel verleen deur Ngwathe Brandweer- en Nooddiens, WeCare patrolleerders, SAPD en CSS.

Hulp moes gisteraand verleen word in Boomstraat waar 'n brand in 'n motorhuis gewoed het. Foto: WeCare
Hulp moes gisteraand verleen word in Boomstraat waar ‘n brand in ‘n motorhuis gewoed het. Foto: WeCare

Onthou die volgende wenke

Noodoproepe

* Gee duidelike inligting wat brand bv. huisbrand, veldbrand ensovoorts
* Spesifieke adres waar die brand is
* Naaste kruisstrate aan die adres
* Jou naam en telefoonnommer


In geval van ‘n brand

  • Kry onmiddellik hulp.
  • Sorg ook dat jy ‘n familielid of betroubare vriend het wat jy dadelik in geval van nood kan skakel om te help om die nodige hulp na die toneel te ontbied. In geval van nood is dit dikwels moeilik om die regte kontaknommers vinnig op jou selfoon te kry. As jy iemand het wat kalm is en daardie noodoproepe namens jou kan maak, kan dit baie help.
  • Wanneer die brand klein genoeg is om te blus, en jy oor ‘n brandblusser beskik, probeer dit so gou moontlik blus.
  • Kom weg van die brand.
  • Neem jou diere na veiligheid.
  • Hou belangrike dokumente bymekaar en in ‘n vuurvaste houer.
  • Moenie teruggaan in ‘n struktuur wat brand nie.


Brandweer-kontaknommer

082 909 3464.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button