Die storie van Parys se strate
Verskeie strate in die Vrystaatse dorp, Parys, spog met 'n ryk geskiedenis.
Parys vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar wat op Erfenenisdag, 24 September, met ‘n kleurryke straatparade gevier sal word, asook ‘n naweek van gholf op 25 en 26 September op Parys se spog gholfbane.
Die dorp se historiese strate het ‘n baie interessante geskiedenis.
Breëstraat:
ñ Wye deurgangspad wat die eerste erwe simmetries in 2 gedeel het. Die straat was wyd genoeg sodat ñ wa en span osse daarin kon omdraai.

Oranjestraat:
Díe straat het langs die ou Klipspruit-opstal (1853) verby geloop en hierdie erwe was eerste bewoon.
Dolfstraat en Philipstraat
Hierdie strate was die westelike grens.
Van Collerstraat
Van Collerstraat het die erwe na die rivier en destydse pont begrens en het die plaasgrond ingesluit wat die Van Coller-broers afgestaan het.
Kerkstraat
Kerkstraat was aanvanklik die hoofstraat van Parys wat gegrens het aan die stuk grond wat die Van Collers spesifiek geskenk het vir die Nederduits Gereformeerde Kerk. Die kerkgebou was voltooi in 1899. Vandag is hierdie ou historiese gebou verdwerg agter ander geboue.

Weens finansiële druk was die gemeente genoodsaak om stuk-stuk van die grond te verkoop vir oorlewing en grens die ou kerkgebou nie meer aan Kerkstraat nie. Die Salvation Army Church 1904, Metodiste Kerk 1914, Baptiste/ Anglikaanse Kerk 1915 is tans geleë in Kerkstraat asook ‘n hele paar nagmaalhuisies.
Erf 100 was die MARKPLEIN waar die boere, handelaars en inwoners bymekaar gekom het vir handeldryf.(Vandag deel van die sakesentrum om Breëstraat.)

Van die erwe het waterregte gehad en daar was ñ leiwaterstelsel met leivore wat erwe veral geskik gemaak het vir landbou.
Ander erwe was aangekoop as woonerwe waarop woonhuise en tuishuise/Nagmaalhuise gebou was. Tuishuise was meestal net oor naweke gebruik as kerkbyeenkomste bygewoon word.

Bronne: Internet. www.monument-sa.co.za Parys Info. Parys and the Islands of Delight , HH Beamish; Foto’s: Internet. Facebook. Parys and the Islands of Delight , HH Beamish



