Local newsNews

Dinamiese VLU-vroue gesels oor aktuele onderwerpe, leer nuwe vaardighede

Gaste is ook welkom by die maandelikse VLU-byeenkomste.

Parys se VLU dames kom Dinsdag 8 September bymekaar vir die maandelikse byeenkoms. Met hul vorige byeenkoms op 4 Augustus het Gerda Roux kom gesels oor Koepel Bakkery wat reeds twee dekades in Parys gevestig is. Hul gebak word wyd versprei ook na naburige dorpe.

Laura Greyling het op haar beurt ‘n demonstrasie gehad vir die maak van roomspray Elke dame het daarna die geleentheid gehad om haar eie sproei te maak.

Louise Kriek, Gerda Roux, Bernadet van der Ende en Annemarie Evans Foto: Verskaf
Louise Kriek, Gerda Roux, Bernadet van der Ende en Annemarie Evans Foto: Verskaf
Annatjie Dreyer, Laura Greyloing en  Louise Kriek Foto: Verskaf
Annatjie Dreyer, Laura Greyling en Louise Kriek Foto: Verskaf

Word deel van hierdie dinamiese groep vroue

Moenie die interaksie tussen dié dinamiese groep VLU vroue misloop nie. Met elke byeenkoms word gesels oor aktuele onderwerpe, vaardighede geleer en kennis uitgeruil.

Vir meer inligting oor die byeenkomste of oor hoe jy deel kan word van die plaaslike VLU, skakel Annatjie Dreyer by 082 464 0204, of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.

Onthou jy hoef nie lid van die VLU te wees om die byeenkomste te kan bywoon nie. Gaste is welkom by die byeenkomste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button