Selfs konfyt en lekkergoed vroeër jare in Parys gemaak
Die Vrystaatse dorp Parys vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar.
Naas boerdery het Parys reeds in 1890 begin om die besonderse pienk Parys Graniet te ontgin.
Parys het vroeg ook al ‘n baie suksesvolle konfyt- en lekkergoedfabriek gehad (Mnr HH Blemish). Nadat die regering in 1910 die subsidies gestaak het, het die fabriek gesluit en die geboue is later deur Parys Creamery and Condensmilk oorgeneem.
Gedurende 1905 het die Departement van Bosbou ‘n klomp wilger-steggies aan Parys gegee om in die moerasgedeeltes te plant. Dit het floreer en in ‘n baie suksesvolle Rottang en Mandjie fabriek het ontwikkel.
1938 was daar tabakfabrieke, ‘n fabriek wat skuite gebou het, spin- en weefskole en selfs twee koringmeulens in Parys.
Later jare (1951) was hier ook ‘n baie suksesvolle sykous-fabriek- ARWA.
Parys sal op Donderdag 24 September sy 150ste bestaansjaar vier met ‘n kleurvolle straatparade vanaf 10:00. Op 25 en 26 September word die feestelikheid voortgesit met gholfdae op die dorp se twee spog gholfbane.







