Local newsNews

Blindheid: Tot 80% van gevalle in SA kan voorkom word

Duidelike sig is iets wat die meeste mense eers waardeer wanneer dit begin verswak

In Suid-Afrika sukkel meer as 11% van die bevolking met siggestremdheid Meer as 80% van blindes woon in hulpbronbeperkte en landelike gemeenskappe waar toegang tot oogsorg beperk is. Wat hierdie krisis veral dringend maak, is dat ongeveer 80% van alle blindheid in Suid-Afrika heeltemal voorkombaar of behandelbaar is, met ongekorrigeerde refraktiewe probleme, en onbehandelde katarakte wat die oorgrote meerderheid van gevalle uitmaak.

Onbehandelde siggestremdheid belemmer toegang tot onderwys en werksgeleenthede en kos dit die land miljarde aan verlore produktiwiteit.

“Duidelike sig is iets wat die meeste mense eers waardeer wanneer dit begin verswak,” sê Eela Makan, ’n optometris van Spec-Savers Suid-Afrika. “Die werklikheid in Suid-Afrika is dat soveel mense met behandelbare toestande soos vroeë stadium katarakte, nie die vermoë het om by ‘n kliniek te kan kom nie, of die koste van ’n volledige oogtoets ontsien of nie kan bekostig nie.”

Wêreldsigdag, word Donderdag 8 Oktober gevier met die tema #LoveYourEyes. Vir miljoene mense regoor die land bly sigverlies ’n daaglikse, onaangespreekte uitdaging, en is die boodskap dat oogsorg, ’n noodsaaklike deel van jou gesondheidsorg behoort te wees, voeg Makan by. “Goeie sig beïnvloed hoe ons kinders by die skool leer, hoe veilig ons op Suid-Afrikaanse paaie bestuur en hoe ons ’n inkomste verdien. Die beskerming van jou sig behoort nooit ’n luukse te wees wat slegs vir ’n paar beskore is nie; dit moet vir elke Suid-Afrikaner toeganklik wees.”

Ter viering van Wêreldsigdag bied Spec-Savers-praktyke regoor Suid-Afrika gratis, vyf-minuut-sigsiftingstoetse aan. Die toetse is beskikbaar sonder afspraak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button