Local newsNews

R59: Kontrakteurspan gereed om te begin

Die R59 dra swaar verkeer en is die alternatiewe roete vir die N1.

Die kontrakteur wat herstelwerk aan die R59 tussen die N1 en Parys moet doen, sal na verwagting môre, Dinsdag 21 September begin. Daar is vanmiddag by navraag bevestig dat beskermende kleredrag vandag aan die kontrakteurspan oorhandig is, nadat arbeidsprobleme vroeër die herstelwerk aan die pad vertraag het.

Motoriste word aangeraai om drasties spoed te verminder en te hou by veilige volgafstande weens die groot aantal slaggate op die pad.

Wees bedag op slaggate op die R59 en verminder spoed.
Wees bedag op slaggate op die R59 en verminder spoed. Foto: Liezl Scheepers

Alternatiewe roetes vir die R59 na en van Parys

Van Parys na Gauteng

Vanaf Gauteng na Parys

Daar is tans ‘n aanlyn petisie wat die ronde doen vir die dringende herstel van die R59.

Die skakel na die petisie is https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSeiMRkmnLMz2rjVyqyyH1XrIEuc3bofZqjYun4PKHn-4RdvUw/viewform?usp=header

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button