Gerrie se stem leef voort in baie harte
Gerrie se musiek sal voorleef - in sy liedere en die herinneringe vir hulle wat hom geken en liefgehad het.
Gerrie Koekemoer wie se stem gereeld in Parys en omliggende dorpe gehoor is, is Woensdag 23 September aan nierversaking weens diabetes oorlede. Hy was 47 jaar oud.
Gerrie was geliefd waar hy ookal opgetree het – in Parys, Vereeniging, Vanderbijlpark, Klerksdorp, Potchefstroom. Mense het sy stem geken en waardering vir sy musiek gehad. Hy was ook deel van die Boeremusiekgilde
Van 2016 tot 2022 was Parys Gerrie se tuiste. In dié jare het hy baie kosbare vriendskappe gesmee en ‘n plek in die harte van talle mense gekry.

Sy liefde vir musiek was ‘n groot deel van sy lewe. Deur sy musiek het hy mense aangeraak.
Hoewel sy stem nou stil geword het, sal Gerrie se musiek voorleef – in sy liedere en die herinneringe vir hulle wat hom geken en liefgehad het.
Hy word oorleef deur Adelle, sy twee susters, Hantie en Annette, en hulle kinders.
Ons opregte medelye aan sy geliefdes.



