Local newsNews

Hof vonnis man tot 15 jaar na ontvoering van skoolleerders

Die verhoor van die mede-beskuldigdes in die saak sal in 2027 'n aanvang neem.

Die 45-jarige Boitumelo Bradly Bogatsu is Donderdag 1 Oktober tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis op elk van twee aanklagte van ontvoering, 10 jaar gevangenisstraf op elk van twee aanklagte van afpersing en vyf jaar gevangenisstraf vir die onwettige besit van ’n vuurwapen. Die Pretoriase hooggeregshof het gelas dat die vonnisse gelyktydig uitgedien moet word wat effektiewe gevanigenisstraf van 15 jaar beteken.

Dit volg nadat die staat Bogatsu se saak van dié van sy mede-beskuldigdes geskei het. Die mede-beskuldigdes, Humphrey Martin (49), Neo Nathaniel Mokoena (41), William Sendrey Phage (58), Vergilio Hlongwane (33), Nkanyiso Bright Hadebe (25), Thulane Jacob Makume (47), Stephen Pitso Kgotsane (35) en Silence Robert Makhubela (31) moet nog verhoor word.

Bogatsu en sy mede-beskuldigdes het op 6 Maart 2024, na bewering twee tieners, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, naby die Central Combined School in Brits ontvoer. Die tieners is toe na ’n huis in Klipgat geneem, waar hulle aangehou is.

Ná die ontvoering het Bogatsu die ouers van die 17-jarige meisie gebel en R50 miljoen geëis. Hy het ook die ouers van die 18-jarige seun gebel en R60 miljoen geëis. Hy het gedreig dat die tieners vermoor of uit die land gesmokkel sou word indien daar nie aan sy eise voldoen word nie.

Albei gesinne het die ontvoering dieselfde dag by die polisie aangemeld. Ná ’n ondersoek is die tieners 20 dae later, op 26 Maart 2024, opgespoor en met hul families herenig.

Bogatsu en sy mede-beskuldigdes is in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Bogatsu het skuld erken op die aanklagte en toegegee dat hy die tieners ontvoer en hul ouers afgepers het het Lumka Mahanjana, streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag gesê.

Die verhoor van die oorblywende beskuldigdes sal op 26 April 2027 ‘n aanvang neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button