Local newsNews

Omgeehande en harte reik uit op Wêreld-Alzheimerdag

Personeel van Sally Martin Park doen jaarliks groot moeite om hierdie dag 'n besondere geleentheid te maak vir inwoners en hul families.

Wêreld-Alzheimerdag word elke jaar op 21 September gevier om bewusmaking te skep oor Alzheimer se siekte en ander vorme van demensie.


Die dag word ook jaarliks by Sally Martin Park se Wanderers Village gedenk, waar geen moeite ontsien word om hierdie inwoners en hul families op die hande te dra. Vanjaar was geen uitsondering nie, en is roosbome deur mediese diensverskaffers wat betrokke is by hierdie pasiënte geskenk en geplant, waarna die inwoners self ook saam met hul families, pers Petunias kon plant as simbool van nuwe lewe.

Verskeie mediese diensverskaffers het roosbome geskenk wat die dag geplant is. Dié boom is deur dr Gouws geskenk.


Die dag het ruimte geskep vir saamwees, en was die boodskap van omgee in persskakerings oral sigbaar. Van die pers balonne en versierings, tot personeel, almal geklee in pers, wat ‘n spesiale erewag gevorm het met borrels wat geblaas is vir die inwoners en hul famlies. Daarna was dit tyd vir nog bederf met tee en heerlike verversings.


‘n Besondere oomblik was toe inwoners met verf hul hande kon afdruk op T-hemde wat spesiaal geskenk is vir die doel, en vir familielede ‘n herinnering gegee het aan die kosbare saamwees wat op dié dag hier beleef is.

Een van die versorgers het met die idee vir die handafdrukke na vore gekom.

Kathy Reyneke (regs) deel 'n spesiale oomblik met die 96-jarige Mary Nell. Foto: Liezl Scheepers
Kathy Reyneke (regs) deel ‘n spesiale oomblik met die 96-jarige Mary Nell. Foto: Liezl Scheepers
Retha Olivier saam met Eva en Martin Pieterse. Retha en Eva se ma was van 2020 tot haar dood in 2023 hier versorg, en is Eva sedert 2022 by Wanderers Village. Retha het groot lof vir die personeel van Sally Martin Park vir die bemoediging en versorging wat hier aan inwoners gebied word. Foto: Liezl Scheepers
Retha Olivier saam met Eva en Martin Pieterse. Retha en Eva se ma was van 2020 tot haar dood in 2023 hier versorg, en is Eva sedert 2022 by Wanderers Village. Retha het groot lof vir die personeel van Sally Martin Park vir die bemoediging en versorging wat hier aan inwoners gebied word. Foto: Liezl Scheepers
Die omgeehande van die personeel is opnuut weer die dag gesien. Foto’s: Liezl Scheepers

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button