Local newsNews

Die myl wat jaar na jaar mense in dié straat bymekaar bring

Die Parys Crater Street Mile is vanjaar vir die vierde jaar agtereenvolgens aangebied.

Skuins voor sonopkoms het die dorp lewe gekry. Laaste reëlings wat gefinaliseer is. Almal op hul pos, want elke jaar kry dié straatmyl dit reg om mense bymekaar te bring in die Vrystaatse dorp, Parys.

Mense kom van heinde en ver om deel te neem aan die Parys Crater Street Mile. Kinders, besighede, vriende, familie, gesoute atlete, dié wat sommer net besluit het om die pretuitdaging aan te pak, en ander wat jaar na jaar kom aantree by die wegspring. Mense soos die 82-jarige Bobby de Kock van Kroonstad wat vanjaar weer die straatmyl voltooi het.

Vandag se Parys Crater Street Mile het weer gewys waarom die straatmyl vir almal is. Foto's: Liezl Scheepers
Vandag se Parys Crater Street Mile het weer gewys waarom die straatmyl vir almal is. Foto’s: Liezl Scheepers

Dit is ‘n myl wat deursettingsvermoë wys wanneer daar tot die einde volhard word. Mense wat spontaan langs die die sypaadjies aanmoedig.

Dis ‘n dorp-ding wat mense saambring, Dis saamwerk om die dag moontlik te maak. Dis uitstaande talent wat sorg vir rekords, maar dis ook vir die dorp se toerismebedryf ‘n lewensaar.

Vanjaar is die vierde jaar wat die Parys Crater Street Mile deur Parys Rotary in samewerking met Parys Info & Tourism, en onder die vaandel van Parys Multisport aangebied is. Maande se beplanning is deur Rotary president Sandra Uys en haar span in die dag ingesit. ‘n Span van raakvat hande wat van vroegoggend totdat die laaste verpligting vir die dag afgehandel was, ingespring het om te doen wat nodig was.

Honderde atlete en hul families wat weer kon sien hoe Parys se hoofstraat in ‘n oogwink verander het in die aksie en opwinding van ‘n wedloop, hier in die platteland met sy gasvryheid wat elkeen wat deel was hiervan, omarm het.

‘n Pluimpie ook vir Antonio Farmer wat die kommentator vir die dag was, en gladdebek Ockert van Schalkwyk agter die mikrofoon, asook elke borg wat die dag moontlik gemaak het.

Elite wenners:

Die Elite dameswenner was Karabo More wat vir Boxer atletiekklub hardloop, en die Elite manswenner Amogelang Tatai wat in die kleure van die NWU Pukke gehardloop het. Beide het daarin kon slaag om die vorige rekords te laat spat.

Die 2026 Elite manswenners. Foto: Liezl Scheepers
Die 2026 Elite manswenners. Fotos Liezl Scheepers
Die 2026 Elite dameswenners.

Altesaam R81 000 se prysgeld was vanjaar op die spel vir die Parys Crater Street Mile.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button