Local newsNews

Gholfspelers slaan die bal vir Sion-gemeente

Die gemeenskap se harte en hande was oop met die ondersteuning van die gholfdag.

 ’n Vol veld van 144 spelers het Woensdag, 7 Oktober op die Parys Golf & Country Estate-baan saamgedrom vir die AGS Sion-gemeente se eerste gholffondsinsamelingsdag.

Die sportdag, wat ook voortaan ‘n instelling sal wees, het 36 vierballe opgelewer wat in ’n gees van gesonde kompetisie en samehorigheid afgeslaan het.

Die doel van die dag was om fondse in te samel vir Sion se nuwe kerkgebou, wat beplan word om in 2027 gebou te word. Die plaaslike gemeenskap het hul harte wyd oopgemaak, en danksy die ongelooflike vrygewigheid van plaaslike besighede en inwoners was daar ’n groot verskeidenheid pryse vir deelnemers op die spel.

“Ons is oorweldig deur die wonderlike opkoms en die reuse-ondersteuning van ons spelers, borge en die hele gemeenskap,” sê die reëlingskomitee. Om 36 vierballe op die baan te hê, is ’n groot voorreg. Die fondse wat ingesamel is, bring ons ’n stewige stap nader aan die bou van ons nuwe  ouditorium in 2027, en ons sê vir almal baie dankie.”

Die dag is op ’n hoë noot afgesluit met ’n gesellige prysuitdeling waar die topspelers beloon is en die gemeenskap gevier is vir hul unieke bydrae tot hierdie droomprojek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button