Wees bedag op padwerke by dié robot
Verkeer na en van Potchefstroom sal op alternatiewe paaie herlei word vir die duur van die herstel.
Motoriste word daarop gewys dat herstelwerk aan die padoppervlak by die robot aan die kant van die Potchefstroom-ingang by die kruising van Van Coller- en Breëstraat, hierdie week vanaf Maandag 12 Oktober gedoen sal word.
Volgens Moss Mokhohlane, senior instrukteur vir Safeti, sal die pad vir ongeveer drie dae gesluit wees by die kruising om voldoende tyd toe te laat vir die materiaal wat gebruik word vir die herstel van die padoppervlak (base repair), om droog te word voordat geteer word.

Wat kan motoriste verwag
- Die herstelwerk sal hoofsaaklik verkeer wat na en van Potchefstroom beweeg raak.
- Verkeer sal herlei word vanaf Delverstraat na Boomstraat, en van Father Balinkstraat na Boomstraat.
- Verkeer in Breëstraat sal steeds in beide rigting vloei.
Die herstelwerk vorm deel van die Ngwathe Munisipaliteit se Padherstel- en Onderhoudsprogram wat vroeër vanjaar bekendgestel is. Met die Operation Fix my Road-program word 60 mense oor ‘n 12 maande periode deur die diensverskaffer, Safeti (South African Foundation For Empowerment, Traininig & Innovation), opgelei om hulle met die nodige vaardighede toe te rus om slaggate te herstel.




