Local newsNews

Wees bedag op padwerke by dié robot

Verkeer na en van Potchefstroom sal op alternatiewe paaie herlei word vir die duur van die herstel.

Motoriste word daarop gewys dat herstelwerk aan die padoppervlak by die robot aan die kant van die Potchefstroom-ingang by die kruising van Van Coller- en Breëstraat, hierdie week vanaf Maandag 12 Oktober gedoen sal word.

Volgens Moss Mokhohlane, senior instrukteur vir Safeti, sal die pad vir ongeveer drie dae gesluit wees by die kruising om voldoende tyd toe te laat vir die materiaal wat gebruik word vir die herstel van die padoppervlak (base repair), om droog te word voordat geteer word.

Die span is reeds aan die werk en word motoriste gevra om asseblief bedag te wees op die alternatiewe roetes waarop verkeer herlei word. Foto: Verskaf
Die span is reeds aan die werk en word motoriste gevra om asseblief bedag te wees op die alternatiewe roetes waarop verkeer herlei word. Foto: Verskaf

Wat kan motoriste verwag

  • Die herstelwerk sal hoofsaaklik verkeer wat na en van Potchefstroom beweeg raak.
  • Verkeer sal herlei word vanaf Delverstraat na Boomstraat, en van Father Balinkstraat na Boomstraat.
  • Verkeer in Breëstraat sal steeds in beide rigting vloei.

Die herstelwerk vorm deel van die Ngwathe Munisipaliteit se Padherstel- en Onderhoudsprogram wat vroeër vanjaar bekendgestel is. Met die Operation Fix my Road-program word 60 mense oor ‘n 12 maande periode deur die diensverskaffer, Safeti (South African Foundation For Empowerment, Traininig & Innovation), opgelei om hulle met die nodige vaardighede toe te rus om slaggate te herstel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button