Nuwe Rooivleisforum gee sterker stem aan produsente in SA
Primê rooivleisprodusente reg oor Suid-Afrikan kan aansluit.

Die Rooivleisforum – ’n inisiatief van Vrystaat Landbou ,gee primêre rooivleisprodusente in Suid-Afrika die geleentheid om hul stem te laat hoor sodat die uitdagings op grondvlak geëdentifiseer kan word, produsente se belange bevorder kan word, en
samewerking binne die bedryf versterk word.
Hoewel die Rooivleisforum deur Vrystaat Landbou gevestig is, is dit nie tot die Vrystaat beperk nie, sê die forum se voorsitter, Friedl von Maltitz. Die uitnodiging is aan produsente van alle provinsies gerig om aan te sluit en deel te neem aan ’n groter,
gesamentlike poging om ’n volhoubare en winsgewende rooivleisbedryf in Suid-Afrika te bevorder.
“Dit is belangrik dat produsente se werklike behoeftes en uitdagings gehoor word en op die regte platforms aangespreek word,” het Von Maltitz gesê.

Von Maltitz sê verder dat die Rooivleisforum as ’n kommunikasie- en samewerkingsplatform sal dien waar knelpunte vroegtydig geïdentifiseer, relevante bedryfsinligting gedeel en produsentebelange sterker verteenwoordig kan word. “Die fokus is op dit wat vir produsente saak maak, naamlik die volhoubaarheid en winsgewendheid van hul ondernemings, asook die langtermyn-toekoms van die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf.”
Wie kan aansluit?
Lidmaatskap is oop vir primêre rooivleisprodusente regoor Suid-Afrika, ongeag in watter provinsie hulle boer.
Bestaande Vrystaat Landbou-lede kan gratis vir die Rooivleisforum registreer, terwyl ander produsente kan aansluit teen ‘n minimum bedrag van R100 per maand of R1 200 per jaar. Registreer aanlyn by: https://www.vrystaatlandbou.co.za/rooivleisforum/



