Local newsNews

Kroonstad/Steynsrus-pad wek ernstige kommer

Daar is gewaarsku dat die pad 'n ernstige gevaar inhou vir motoriste.

Die toestand van die R76 tussen Kroonstad en Steynsrus het die DA genoop om ’n brief aan die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, en die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, te rig om die haglike en toenemend gevaarlike toestand van dié pad aan te spreek.

Wat kommerwekkend is, is dat die pad na bewering slegs ’n paar maande gelede gebou of omvattend opgeknap is, sê Dennis Khasudi, raadslid in die Moqhaka munisipaliteit.

Die DA doen daarom ’n beroep op die Vrystaatse provinsiale regering om die betrokke tegniese amptenare en padingenieurs dringend te ontbied om die R76 te inspekteer, veral die gedeeltes tussen Kroonstad en Steynsrus.

Die DA eis in sy skrywe dat die departement die omstandighede rondom die onlangse konstruksie- of opknappingswerk aan die pad ondersoek, insluitend:

  • Die kontrakteur wat vir die werk verantwoordelik was;
  • Die oorspronklike omvang en spesifikasies van die projek;
  • Die gehalte van die konstruksiemateriaal en vakmanskap;
  • Die projek se voltooiings- en inspeksieverslae;
  • Of die pad behoorlik gesertifiseer is voordat dit oorhandig is;
  • Of die pad steeds binne enige konstruksie- of defeksaanspreeklikheidstydperk val; en
  • Of enige regstellende werk deur die kontrakteur sonder bykomende koste vir die publiek uitgevoer moet word.

Die DA het ook ‘n beroep gedoen op die provinsiale regering vir onmiddellike instelling van tydelike veiligheidsmaatreëls, waaronder toepaslike waarskuwingstekens, padmerke, spoedbeheermaatreëls en dringende herstelwerk waar nodig, terwyl ’n omvattende tegniese beoordeling gedoen word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button